Nasie van Islam

Swart Moslems is 'n versamelnaam vir verskeie Islamitiese splintergroepe wat onder meer glo dat swart mense die hoogste ras is en dat hulle bestem is om die politieke leiers van die wêreld te word. Die grootste van dié groepe is die Nasie van Islam, wat tussen 30 000 en 200 000 lede in die VSA het. Omdat die Nasie van Islam hom grootliks beywer vir die opheffing van swart mense op veral ekonomiese en politieke gebied, word hulle en ander Swart Moslems soms as swart nasionalistiese bewegings eerder as godsdiensgroepe beskou. Hoewel hul leerstellinge in baie opsigte van die hoofstroom- Islamitiese groepe verskil, beskou die Swart Moslems hulleself as Moslems.

Nation of Islam

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search